Tuis - Boeke - Jy is sonder gelyke

Jy is sonder gelyke
Leraars: Lisa Bevere

Daar is ’n rede waarom ons ander mense as mededingers beskou en onsself inperk deur vergelyking en wedywer: Ons het ’n vyand wat gedurig ons gedagtes, wil en emosies bombardeer in die hoop dat ons onsself en ander sal aanval. Só onstaan ’n siklus wat ons daarvan weerhou om intieme konneksies te maak, verwarring oor ons identiteit skep en ons laat misluk in die bereiking van ons doel.

In Jy is sonder gelyke beskryf die topverkoperskrywer Lisa Bevere hoe ’n onthulling van God se liefde hierdie siklus en beperkinge verbreek. Eerder as om ander as mededingers te beskou, leer sy ons hoe om daardie diep, intieme konneksie met ons Skepper te vorm waarna ons smag. Hierdie konneksie bevat die belofte van ware identiteit en intimiteit.

Aan die hand van Bybelse lering deurweef met profetiese insig vir die tyd waarin ons lewe, gebruik Lisa humor en passie om jou uit te daag:

• Draai mededinging om sodat dit die beste in jou uitbring
• Hou op om weg te skram van gesprekke waaraan jy eintlik moet deelneem
• Antwoord die argument wat beweer dat vroue nie opgewasse is nie
• Breek geslagsmededinging af en werk saam met die mans in jou lewe

Dit is tyd om die stap te doen om ’n lewe sonder wedywer te leef.

Laai af (~3.09 MB)

Deel op