Huidige taal: af Afrikaans

Taal

Tuis - Oor

Oor Cloud Library

Messenger International het ’n wêreldwye fokus om hierdie hulpbronne vir pastors en leiers beskikbaar te stel ongeag waar hulle is of van hul finansiële posisie. Die Cloud Library is vir hierdie rede geskep. Dit dien as ’n internasionale verspreidingsnetwerk wat dit moontlik maak om vertaalde hulpbronne gratis wêreldwyd af te laai en te stroom.

Ons doelwit is om hierdie hulpbronne in elke groot taal beskikbaar te stel en sodoende potensieel meer as 98% van die wêreld se bevolking te bereik. Waarom? vra jy. Want ’n elektroniese hulpbron kan vermenigvuldig, en vinniger en verder reis as ’n fisieke hulpbron. Ons hoop jy geniet jou ervaring in die “wolke”.

Van die skeppers

Jesus het vir ons die opdrag gegee om nie net die evangelie te verkondig nie, maar ook om dissipels te maak. Hierdie boodskappe sal jou help om Christus se dissipel te word. Ons belê in jou opleiding, omdat ons in jou vermoë glo om – met die genade van Bo – jou invloedsfeer te transformeer. God het grootheid binne jou geplaas, en Hy wil jou graag intiem ken. Soos jy in jou verhouding met Christus groei, sal jy herskep word deur die krag van sy Woord.

God het jou vir ’n doel geskep wat uniek is aan jou talente en invloed. Ons moedig jou aan om die volheid van alles wat God vir jou beplan, op te eis. Ons gebed is dat hierdie hulpbronne jou sal toerus in jou ontdekkingsreis.

Seënwense vir jou en jou geliefdes,
John & Lisa Bevere

Ondersteun die visie

Het jy ’n brandende begeerte in jou hart dat lewensveranderende hulpbronne oor die wêreld versprei moet word? As jy belang stel om Cloud Library se werk te ondersteun, stuur gerus ’n e-pos na getinvolved@cloudlibrary.org. Ons sê by voorbaat dankie vir jou gebede en ondersteuning!